Ons sal vandag hierdie idees hersien:
1. (63) Die lig van die wêreld bring aan elkeen se geestesdenke vrede deur my vergifnis.
2My vergifnis is die middel waardeur die lig van die wêreld uitdrukking vind deur my. 3My vergifnis is die middel waardeur ek bewus word van die lig van die wêreld in my. 4My vergifnis is die middel waardeur die wêreld genees word, saam met my. 5Laat ek dan die wêreld vergewe, sodat dit saam met my genees kan word.
2. Wenke vir konkrete toepassingsvorme van hierdie idee is:
2Laat vrede vanaf my geestesdenke na joune uitbrei, (naam).
3Ek deel die lig van die wêreld met jou, (naam).
4Danksy my vergifnis kan ek dit sien soos dit is.
3. (64) Laat ek nie my funksie vergeet nie.
2Ek wil nie my funksie vergeet nie, want ek wil my Self onthou. 3Ek kan nie my funksie vervul as ek dit vergeet nie. 4En tensy ek my funksie vervul, sal ek nie die vreugde ervaar wat God vir my bestem nie.
4. Geskikte spesifieke vorms van hierdie idee, sluit in:
2Laat ek dit nie gebruik om my funksie vir myself weg te steek nie.
3Ek sal dit as ’n geleentheid aangryp om my funksie te vervul.
4Dit mag miskien my ego bedreig, maar dit kan op generlei wyse
my funksie verander nie.
✨ Geïnspireer deur die kernboodskap van die Kursus:
“Niks wat werklik is kan bedreig word nie. Niks wat onwerklik is bestaan nie. Hierin lê die vrede van God.”
Hierdie les kom uit (A Course in Miracles). Hemelbewus bied dit aan in Afrikaans as deel van ‘n pad van innerlike genesing en vergewing. Die vertaling is met groot sorg en toewyding oor verskeie jare deur Henri Theron gedoen, en bring die diep geestelike leringe van die Kursus na Afrikaanssprekende lesers.
Lesson 82: Review (63-64). (ACIM, W-82)



