Vandag se hersiening sal die volgende idees dek:
- (69) My griewe verberg die lig van die wêreld in my.
2My griewe wys my wat nie daar is nie, en steek vir my weg wat ek wil sien. 3As ek dít insien, waarom wil ek nog griewe hê? 4Hulle hou my in die duister en verberg die lig. 5Griewe en lig kan nie saamgaan nie, maar lig en visie moet saamgevoeg wees vir my om te kan sien. 6Om te sien, moet ek griewe opsy stoot. 7Ek wil sien, en dit sal die middel wees waarmee ek sal slaag.
2. Konkrete toepassings van hierdie idee kan in die volgende vorms plaasvind:
2Laat ek dit nie as hindernis vir my sig gebruik nie.
3Die lig van die wêreld sal dit alles wegskyn.
4Ek het dit nie nodig nie. 5Ek wil sien.
3. (70) My verlossing kom van my.
2Ek sal vandag insien waar my verlossing lê. 3Dit is binne my, omdat die Bron daarvan daar is. 4Dit het nie die Bron daarvan verlaat nie, en kon dus nie my geestesdenke verlaat het nie. 5Ek sal nie daarvoor buite myself soek nie. 6Dit word nie buite gevind en dan ingebring nie. 7Dit sal eerder by my innerlike verby strek na buite, en alles wat ek sien, sal slegs die lig weerspieël wat in my en ook daarin skyn.
4. Hierdie vorms van die idee is geskik vir meer spesifieke toepassing:
2Laat dit my nie in die versoeking lei om buite myself vir my verlossing
te soek nie.
3Ek sal nie toelaat dat dit met my bewustheid van die Bron van my
verlossing inmeng nie.
4Dit beskik oor geen mag om my verlossing van my weg te neem nie.
✨ Geïnspireer deur die kernboodskap van die Kursus:
“Niks wat werklik is kan bedreig word nie. Niks wat onwerklik is bestaan nie. Hierin lê die vrede van God.”
Hierdie les kom uit (A Course in Miracles). Hemelbewus bied dit aan in Afrikaans as deel van ‘n pad van innerlike genesing en vergewing. Die vertaling is met groot sorg en toewyding oor verskeie jare deur Henri Theron gedoen, en bring die diep geestelike leringe van die Kursus na Afrikaanssprekende lesers.
Lesson 85: Review (69-70). (ACIM, W-85)



