Laat ons vandag hierdie idees hersien:
1.(65) My enigste funksie is die een wat God my gegee het.
2Ek het geen ander funksie as die een wat God my gegee het nie. 3Hierdie besef verlos my van alle konflik, want dit beteken dat ek nie teenstellende doelstellings kan hê nie. 4Met slegs één doel is ek altyd seker wat om te doen, wat om te sê en wat om te dink. 5Alle twyfel moet verdwyn as ek erken dat my enigste funksie dié een is wat God my gegee het.
2. Meer konkrete toepassings van hierdie idee, mag die volgende vorms aanneem:
2My persepsie hiervan verander nie my funksie nie.
3Dit gee my nie ’n ander funksie as die een wat God my gegee het nie.
4Laat ek dit nie gebruik om ’n funksie te regverdig wat God my nie gegee het nie.
3. (66) My geluk en my funksie is één.
2Alle dinge wat van God kom, is één. 3Dit kom vanuit Éénheid, en moet as één ontvang word. 4Om my funksie te vervul, beteken geluk, want beide kom van dieselfde Bron. 5En ek moet leer om in te sien wat my gelukkig maak, ten einde geluk te kan vind.
4. ’n Paar nuttige spesifieke toepassingsvorme van hierdie idee is:
2Dit kan nie my geluk van my funksie skei nie.
3Die éénheid van my geluk en my funksie bly volkome onaangetas hierdeur.
4Niks, ook nie dít nie, kan die illusie regverdig dat geluk los van my
funksie staan nie.
✨ Geïnspireer deur die kernboodskap van die Kursus:
“Niks wat werklik is kan bedreig word nie. Niks wat onwerklik is bestaan nie. Hierin lê die vrede van God.”
Hierdie les kom uit (A Course in Miracles). Hemelbewus bied dit aan in Afrikaans as deel van ‘n pad van innerlike genesing en vergewing. Die vertaling is met groot sorg en toewyding oor verskeie jare deur Henri Theron gedoen, en bring die diep geestelike leringe van die Kursus na Afrikaanssprekende lesers.
Lesson 83: Review (65-66). (ACIM, W-83)



