1. Die oefeninge met hierdie idee is baie soortgelyk aan die voriges. 2Weereens is dit nodig om beide die vorm van ontsteltenis (woede, vrees, bekommernis, depressie, ensovoorts) en die vermeende bron baie spesifiek te noem by elke toepassing van die idee. 3Byvoorbeeld:
4Ek is kwaad vir __________ omdat ek iets sien wat nie daar is nie.
5Ek is bekommerd oor __________ omdat ek iets sien wat nie daar is nie.
2. Vandag se idee is nuttig om toe te pas op enigiets wat jou blyk te ontstel, en kan met vrug die hele dag vir hierdie doel aangewend word. 2Nietemin moet die drie of vier oefenperiodes wat vereis word deur ongeveer ’n minuut se ondersoek van jou geestesdenke voorafgegaan word, gevolg deur die toepassing van die idee op elke ontstellende gedagte wat deur die ondersoek blootgelê is.
3. Weereens, as jy meer weerstand ondervind om die idee op sommige ontstellende gedagtes toe te pas as op ander, herinner jouself aan die twee waarskuwings uit die vorige les:
2Daar is geen klein vorme van onsteltenis nie. 3Hulle is almal ewe steurend vir my innerlike vrede.
4En:
5Ek kan nie hierdie vorm van ontsteltenis vashou en die ander laat gaan nie. 6Vir die doel van hierdie oefeninge sal ek hulle dus almal as dieselfde beskou.
✨ Geïnspireer deur die kernboodskap van die Kursus:
“Niks wat werklik is kan bedreig word nie. Niks wat onwerklik is bestaan nie. Hierin lê die vrede van God.”
Hierdie les kom uit (A Course in Miracles). Hemelbewus bied dit aan in Afrikaans as deel van ‘n pad van innerlike genesing en vergewing. Die vertaling is met groot sorg en toewyding oor verskeie jare deur Henri Theron gedoen, en bring die diep geestelike leringe van die Kursus na Afrikaanssprekende lesers.
📚 Lees meer oor die Kursus: www.acim.org
Lesson 6: I am upset because I see something that is not there. (ACIM, W-6)


