Inleiding
1. Ons is nou gereed vir ’n volgende hersiening. 2Ons sal begin waar ons vorige hersiening opgehou het, en twee idees elke dag afhandel. 3Die eerste deel van elke dag sal gewy word aan een van hierdie idees, en die laaste deel van die dag aan die ander een. 4Ons sal een langer oefenperiode hê, en herhaalde kortetjies waartydens ons beide oefen.
2. Die langer oefenperiodes volg hierdie algemene vorm: neem ongeveer vyftien minute vir elkeen van hulle, en begin deur die idee van die dag, asook die opmerkings wat by die opdragte gevoeg is, te oordink. 2Bestee drie of vier minute om hulle stadig deur te lees, verskeie kere as jy wil, en sluit dan jou oë en luister.
3. Herhaal die eerste fase van die oefenperiode as jy vind dat jou geestesdenke afdwaal, maar probeer om die grootste gedeelte van die tyd rustig, maar aandagtig te luister. 2Daar is ’n boodskap wat vir jou wag. 3Vertrou dat jy dit sal ontvang. 4Onthou dat dit aan jou behoort en dat jy dit wil hê.
4. Moenie toelaat dat jou voornemens weifel wanneer verwarrende gedagtes opdoem nie. 2Besef dat sulke gedagtes, watter vorm hulle ook al mag aanneem, geen betekenis en mag het nie. 3Vervang hulle met jou vasbeslotenheid om te slaag. 4Moenie vergeet dat jou wil mag het oor alle fantasieë en drome nie. 5Vertrou daarop dat dit jou daardeur sal help, en jou by hulle almal verby sal voer.
5. Beskou hierdie oefenperiodes as ’n toewyding aan die weg en die waarheid en die lewe. 2Weier om op ’n syspoor gerangeer te word deur ompaaie, illusies en gedagtes oor die dood. 3Jy is toegewyd aan verlossing. 4Wees elke dag vasbeslote om nie jou funksie onvervuld te laat nie.
6. Herbevestig ook jou vasbeslotenheid in die korter oefenperiodes, deur die oorspronklike vorm van die idee te gebruik vir algemene toepassings, asook vir meer konkrete vorms wanneer dit nodig is. 2’n Paar konkrete vorms word ingesluit by die kommentaar wat volg op die formulering van die idees. 3Dit is egter net wenke. 4Die spesifieke woorde wat jy gebruik, maak nie saak nie.



